Rietbron, Willowmore, Beaufort West, Karoo kamp akkommodasie by Blydefontein tentekamp in die Groot Karoo

Rietbron, Willowmore,  Beaufort West, Karoo camping accommodation at Blydefontein tented camp in the depths of the countryRietbron, Willowmore,  Beaufort West, Karoo camping accommodation at Blydefontein tented camp in the depths of the countryRietbron, Willowmore,  Beaufort West, Karoo camping accommodation at Blydefontein tented camp in the depths of the countryRietbron, Willowmore,  Beaufort West, Karoo camping accommodation at Blydefontein tented camp in the depths of the country

Blydefontein Tente kamp | Kareedam Selfsorg huis | Foto's | In die Media |



Blydefontein Tentekamp
 
 Blydefontein Tentekamp in die Rietbron distrik, tussen Beaufort-Wes en Willowmore, bied ‘n onvergeetlike na-aan-die-natuur ervaring in die hartjie van die Groot Karoo. Dit is kilometers verwyder van die stad, geraas en geweld. Hier kan jy ontspan onder die Karoosterrehemel en die stilte, die sonbesies en die natuur geniet. 

 

Die kamp is in ‘n droë rivierloop tussen doringbome.  Daar is drie chopper tente (Angora, Dorper en Merino), twee 5 x 5 tente (Bonsmara en Nguni) en ruimte vir 'n camper.  Al die tente het opgemaakte beddens.   Die kombuis is volledig ingerig, storte het warm water vanaf ‘n “donkie”, die toilette is “doef-poefs” en daar is ‘n lekker kampvuur buite braai. Ligte werk met sonkrag.  

 

 

 

  Wat is daar om te doen?

  • beleef die Karoo met sy stilte en natuurskoon
  • stap lekker,  onder andere  op ‘n uitgemerkte Karoobossieroete
  • geniet die natuur, interessante klippe, wild en voëls
  • verkyk jou aan die helder Karoosterre
  • besigtig die standhoudende fontein, klipwal gebou deur eerste trekboere
  • bekyk die eeu oue rotskuns
  • kinders kan baljaar op die hindernisbaan
  • leer meer oor Angoraboerdery

     

     
 
Kamp tariewe en ekstra kostes
 
Minimum R500 per bespreking
R150 per persoon per nag, kinders o/12 R100 per nag. 
 

   

   
 
 Aanwysings na Blydefontein 
 van Beaufort-Wes deur Rietbron (12 km verder) op die Willowmore pad,(R306) neem die “Korenkraal” afdraai, regs (GPS  33° 1'30.53"S,   23°10'24.70" E)  Van hieraf ry 'n verdere 12 km, verby Korenkraal se huis tot by Kareedam se plaashuis.  Die kampterrein se afdraai is 200m verder, by bordjie regs in by die hek.
Kontak Barries (082 570 7875) of Mauritzia (082 855 7393) Snijman

 



Kontak Lizelle of Michael Murray by epos: info@blydefontein.co.za,    Telefoon: 044 934 1139,   Sel:  084 811 2004Internet marketing for South African websites by FAQ.co.za

Rietbron, Willowmore, Beaufort West, Karoo camping accommodation at Blydefontein tented camp in the depths of the country