![]() ![]() ![]() ![]() |
|||||||||
|
Tuisblad | Skool kampe | Familie wegbreek / naweke | In die Media | Blydefontein Tentekamp
Blydefontein Tentekamp in die Rietbron distrik, tussen Beaufort-Wes
en Willowmore, bied ‘n onvergeetlike na-aan-die-natuur ervaring in die hartjie van die Groot Karoo. Dit is kilometers verwyder van die stad, geraas en geweld. Hier kan jy ontspan onder die Karoosterrehemel en die stilte, die sonbesies en die natuur geniet.
Die kamp is in ‘n droë rivierloop tussen doringbome. Daar is drie chopper tente en drie 5 x 5 tente, almal met opgemaakte beddens. Die kombuis is volledig ingerig, storte het warm water vanaf ‘n “donkie”, die toilette is “doef-poefs” en daar is ‘n lekker braai. Ligte werk met sonkrag.
Wat is daar om te doen?
R100 per persoon per nag, kinders o/12 R80 per nag. Groot groepe kan pryse onderhandel
x 4 roetes - R100 per voertuig
* huur van quad bike - R100 per uur
* huur van perde - R50 per uur
Aanwysings na Blydefontein
* van Beaufort-Wes deur Rietbron (12 km verder) op die Willowmore pad,(R306) neem die “Korenkraal” afdraai, regs (GPS 33° 1'30.53"S, 23°10'24.70" E)
* ontmoet ons eers by Kareedam, 12km na afdraai, 2de plaas links teen pad
Kontak Lizelle Murray by 084 811 2004
Kontak Lizelle
of Michael Murray by epos:
info@blydefontein.co.za,
Telefoon: 044 934 1139, Sel: 084 811 2004 |
Rietbron, Willowmore, Beaufort West, Karoo camping accommodation at Blydefontein tented camp in the depths of the country